NewsNews

Valies geniet 70-Jaar NWU PUK-Koor reünie

Onlangs het voormalige koorlede van die NWU se Potchefstroom kampus saamgetrek en onder hulle was daar heelwat Vaaldriehoekers.

POTCHEFSTROOM – Maureen en Pieter van Helden het mekaar destyds by die PUK-koor ontmoet op die voormalige PU vir CHO kampus.

Die opwinding was groot toe hulle verlede jaar hoor hierdie jaar word ‘n 70-jaar reünie beplan vir die koor.

Op 20 November het oud-Pukke van regoor die wêreld hul weg na Potchefstroom gevind vir ‘n onvergeetlike naweek.

Onder die huidige Vanderbijlpark inwoners was daar naas die Van Heldens ook Lihan Pretorius, Dané en Petri Jooste, Elizma Stander en Helei Jooste.

Maureen en Pieter van Helden saam met Awie van Wyk, wat vir dekades koormeester van die PUK-koor was. Foto’s verskaf/Maureen van Helden

Die Donderdag is afgeskop met ‘n aandfunksie wat in die Totiussaal op die NWU kampus sou plaasvind, maar ‘n swerm bye het besluit  is belangriker as koorlede en het hul daar tuisgemaak.

Die funksie is toe by Christa Galli net buite Potchefstroom gehou waar die oudkoorlede die musiek van die huidige NWU-koor kon geniet.

Rassie en Alna Smit (voormalige predikantspaar van die Gereformeerde Kerk Vanderbijlpark) ontspan saam met Maureen en Pieter van Helden tussen oefensessies.

Vrydagoggend is daar vroeg reeds begin musiek oefen onder leiding van die befaamde Awie van Wyk en Kobus Venter. Daar was 230 mense by die reünie en almal is ingetrek vir ‘n massa kooruitvoering die Saterdagaand.

Maureen sê daar is musiek uit al die eras opgevoer en hulle het hard geoefen om alles binne ‘n dag en ‘n half onder die knie te kry.

Natuurlik was daar tyd vir kuier ook en ‘n kans om weer vir ‘n slag al die ou en nuwe plekke op die kampus te besoek.

“Ons het Vrydag middagete in Voorhuis eetsaal gehad. Dit was lekker lekker, want ek was in Kasteel en dit was ons eetsaal,” vertel sy.

Vrydagaand was daar ‘n formele dinee, waar almal weer tot na middernag gekuier het. Gelukkig was almal betyds op en aan die gang vir die eerste kooroefening Saterdagoggend.

Hier het elkeen ook ‘n spesiale gedenkbundel ontvang wat die koor se doen en late oor 70 jaar vasgevang het.

Na ‘n kleedrepetisie die middag en ‘n groot geskarrel om al die lede op die ouditorium se verhoog in te pas, is daar eers ‘n formele groepfoto in die amfiteater geneem voordat die groot uitvoering plaasgevind het.

“Dit was fantasties. Ek het gevoel of ek sweef toe ons terugkeer,” borrel Maureen steeds. Dit bewys maar net wat elke PUK oor die jare geleer het, eenmaal ‘n PUK, altyd ‘n PUK!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button