Sedibeng skaak maak al die regte skuiwe
Die Emerald Casino and Resort se Arena is die perfekte venue om skaaktoernooie aan te bied
VANDERBIJLPARK – Indien enigeen getwyfel het of Sedibeng Skaak oor die vermoë beskik om groot toernooie aan te bied is enige bekommernis na sy aanbieding van die Gauteng Inter- Streek Skaakkampioenskap besweer.
Selfs die president van die Gauteng, Vicky Magu, kan nie uitgepraat raak nie en hy het reeds aangedui dat Sedibeng binnekort met nog toernooi toevertrou sal word.
Hannes Mittermaier, president van Sedibeng Skaak, kan met rede breëbors rondloop naday hy en sy plaaslike reëlings kommitee ‘n spogtoernooi aanmekaar getimmer het.
Die spelers het ook die streek se naam hoog gehou met die Senior A-span wat ‘n goue medalje by die kampioenskap verwerf het. Die o20-dames het silwer ingepalm terwyl die o14 dogters, o20 A-span en Adult A en Senior B-span met bronsmedaljes weggestap het.
