SASOLBURG – Juanika Kruger het oor die Desember vakansie aan die Mzanzsi Interprovinsiale Jeug Skaakkampioenskappe deelgeneem.
Sy het haar Gauteng kleure verwerf en het die provinsie in die individuele, sowel as spanafdeling verteenwoordig.
Dié slimkop van Fonteine Primêr is nog o/12 maar het in die o/14 afdeling deelgeneem waar sy bygedra het om Gauteng A se o/14 Meisies ʼn tweede plek te verseker.
Die kampioenskappe het in Gqeberha, Port Elizabeth vanaf 14 – 20 Desember plaasgevind.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
