VANDERBIJLPARK – Die Vaal Voëlklub begin hul 2026 op ʼn hoë noot. Hulle kom op 12 Januarie vir die eerste keer bymekaar vir 2026.

Na ʼn kort algemene vergadering, sal Hennie de Klerk meer vertel oor sy besoek aan Uganda.
Hennie was verlede jaar in Kenia, Uganda en Senegal waar hy foto’s van miskruiers geneem het vir sy boek oor die miskruiers van Afrika.
Hou ook solank Saterdag, 31 Januarie oop vir die eerste watervoëltelling op die Vaalrivier.
Maandag se vergadering vind by die Palms Aftreeoord, Vaaldrive, Sylviavale, Vanderbijlpark plaas en begin om 19:00. Toegang is gratis en gaste is baie welkom.
Vir navrae kontak Rina de Klerk by 082 626 6990.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
