Local newsNewsNews

Vanderbijlpark-poskantoor lyk beter ná personeel self opruim

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Dít is die boodskap van die plaaslike poskantoor-personeel wat onlangs self ingespring het om hul werksomgewing op te knap.

VANDERBIJLPARK – Nadat ‘n voormalige Vaal-inwoner onlangs die dorp besoek en nuwe klem gelê het op die agteruitgang van die dorp, het die poskantoor-personeel self ingespring.

Shian Gert Kotzee, ‘n bekende in ringkontakvegkunskringe het in Desember vir familie kom kuier en besluit om te gaan loer hoe die dorp nou lyk.

“Hoe die dorp nou lyk was die rede vir my besluit om na die Weskaap te verhuis. Net soos baie ander dorpe in SA is Vanderbijlpark ten gronde weens wanbestuur,” het Gert Kotzee op Facebook gesê, saam met die foto’s wat hy tydens sy besoek geneem het.

Kort nadat Vaalweekblad hieroor berig het, het Je-ann Viljoen (Poskantoor Bestuurder) laat weet dit lyk klaar baie beter.

“Ons het geen skoonmakers, of tuindienste nie, ek het heeltyd car guards betaal om voor by ons ingang skoon te maak, maar ongelukkig kan ek dit nie meer bekostig nie,” vertel Je-ann.
Sy en haar span het egter Woensdag en Donderdag self ingespring en vullis opgetel, bossies uitgehaal en takke afgesny.
“Ons wag nou slegs vir ELM om die takke en onkruid wat verwyder is te kom oplaai,” sluit Je-ann af.
Kyk hoe netjies lyk dit nou. Foto: Elsje Vermeulen

So lyk dit nou. Foto: Elsje Vermeulen

Al die onkruid aan die buitekant van die poskantoor is weg. Foto: Elsje Vermeulen
Die onkruid moet nou net die ELM weggery word. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button