Local newsNewsNews

Driehoek-leerling vermis op Vaalrivier

Familie soek antwoorde na raaiselagtige verdwyning van kind

VANDERBIJLPARK – Thomas Junior Sithole (17) se familie is rasend opsoek na antwoorde nadat hy Vrydagaand, 9 Januarie spoorloos na ‘n uitstappie op die Vaalrivier verdwyn het.

Die vermiste Thomas Junior Sithole.

Na wat verneem word, het Sithole, ‘n leerling aan die Hoërskool Driehoek, vermis geraak nadat hy saam met vyf vriende op ‘n boot ‘n kuierplek langs die Vaalrivier besoek het. Die bestuurder van die boot was een van die minderjarige kinders se ouers.

Familielede vertroos mekaar op die toneel.

Die groep het omstreek 18:00 teruggekeer van die kuierplek waar hulle drankies geniet het en toe hulle besef dat Thomas nie teenwoordig was nie.

Volgens Sebongile Radebe, ‘n familielid van Sithole, het die minderjarige seuns teenstrydige verduidelikings gegee het oor wat presies gebeur het, maar daarop aangedring het dat Thomas nie onder die invloed van drank  was nie.

Volgens Radebe was die seuns besig om van sitplek te verwissel terwyl die boot beweeg het, toe Thomas na bewering na die agterkant van die boot gegaan het om ’n koeldrank te kry. ’n Oomblik later het hulle glo besef, dat hy nie meer aan boord is nie.

Die watervleuel sal vandag weer hulle soektog na die vermiste Thomas Junior Sithole voortsit.

Die groep het glo na die betrokke kuierplek teruggekeer om seker te maak dat hy nie moontlik agtergelaat is nie. Volgens Radebe-hulle is hulle ontsteld en uit die veld geslaan dat hulle eers om 22:00 van Thomas se verdwyning ingelig is.

Daar is glo kringtelevisiemateriaal wat die groep se besoek aan die kuierplek langs die Vaalrivier bevestig.

Die watervleuel was reeds op die toneel en sal vandag omstreeks 10:00 hul soektog voortsit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button