Local newsNewsNews

R3,44 miljoen ryker na skorsing in 2022

Parlementêre dokumentasie toon dat meer as R25 miljoen die afgelope twee jaar aan sowat 230 geskorsde beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) betaal is.

Een luitenant-generaal, wat reeds sedert Julie 2022 geskors is, het tydens sy skorsing reeds R3,44 miljoen se salaris ontvang.

Minister van Polisie, Firoz Cachalia, het verklaar dat R13 152 760,23 aan salarisse betaal is aan 149 geskorsde beamptes in 2024/25.

Gedurende die huidige 2025/26-boekjaar, spesifiek die tydperk vanaf 1 April tot 1 Oktober, het die syfer reeds R12 155 953,55 beloop vir 84 beamptes wat onder skorsing is.

Die betrokke beamptes staar ernstige aanklagte soos verkragting, afpersing, korrupsie, roof en kaperskap in die gesig.

Die verslag dui verder aan dat dit ’n breër probleem in die staatsdiens is.

Die Departement van Justisie het oor die afgelope vyf jaar meer as R35 miljoen aan geskorsde werknemers betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button