News
Emmies se eerste dag by die grootskool
Baie leerlinge in die Vaaldriehoek het vandag hulle eerste skooldag by die grootskool afgeskop
VANDERBIJLPARK – Om grootskool toe te gaan, is ‘n reuse en vreesaanjaende tree in meeste kinders se lewens.
Die nuutste teenvoeter wat deesdae deur laerskole aangewend word om die grootdag minder oorweldigend te maak is om ‘n dag voor die grootkinders skool toe te kom.
Vaalweekblad het bietjie by die Laerskool Emfulenipark gaan inloer om te kyk hoe dit werk. Goeie nuus dit werk soos ‘n bom. – Nog foto’s sal Vrydag in Vaalweekblad se gedrukte uitgawe verskyn. Die koerant is gratis by verskillende uitgeepunte in die Vaaldriehoek beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
