Gerda Bruinette
VANDERBIJLPARK – Die dames van die VLU (Vroue Landbou Unie) Alpha Tak is altyd doenig met die een of ander projek. Hulle help en leer bymekaar en as dit moet kry hul mense van buite in om vir hul nuwe vaardighede te leer.
Daar word saam gewoeker en gewerk, gebak en soms gebrou, maar altyd is die gees onder die dames dieselfde. Om lekker saam te kuier, maar ook om daar te wees vir mekaar in die goeie en slegte tye.
Hier is geen ouderdomsbeperking nie, hier kan elkeen hul talente uitleef en nuwes ontdek van borduurwerk tot by skryfstukke, ingelegde vrugte tot fotografie.
Alpha Tak se eerste byeenkoms vir 2026 vind plaas op Dinsdag, 20 Januarie om 09:30. Soos gewoonlik kom hul bymekaar by die Palms Aftreeoord se saal, Vaaldrive 11, Vanderbijlpark.
Indien jy nog altyd wou sien wat maak die VLU of net lus is vir iets anders, gaan woon gerus die byeenkoms by en vat sommer ʼn vriendin saam. Jy sal nie spyt wees nie. Vir navrae kontak vir Suzette by 082 377 9186.
