NewsNews

Graad 1’s verwelkom by Laerskool Kollegepark

Kollegepark se graad 1's se eerste dag het begin, mag hul almal baie goeie jare van leef en leer daar beleef.

VANDERBIJLPARK – Die nuwe Graad 1’s van die Laerskool Kollegepark het vlak voor 07:00 begin aankom.

By die klein hekkie het die leerlingraad gewag om hul welkom te heet. Balonne was op by al die hekke om die Parkies te groet.

Zanru Samons is ‘n trotse nuwe Parkie

Maar by die klein hekkie het dinge bietjie anders verloop. Hier het ma, pa en in party gevalle selfs ouma en oupa saam met die dapper graad 1’s ingeloop.

Tree vir tree tot by die tafel waar die klok gestaan het. Dis tradisie vir elke graad 1-leerder om die klok te lui, maar vir party was die oomblik te groot en moes daar eers trane afgevee word alvorens die groot taak aangepak is.

Ander het die klok met oorgawe gelui en moes oortuig word om dit neer te sit. Stil staan by hul nuwe klasmaats was vir, veral die seuntjies moeilik, maar hulle het darem onder hul nuwe juffrouens se oog gebly.

Die klok is amper groter as sy, maar Mia Lerm het dit steeds gelui

Die meeste ouers het maar met swaar harte afskeid geneem en ander het seker gemaak hul bly tot met die laastste toelaatbare minuut.

Die nuwe skooljaar is aangekondig met die geluid van die skoolklok wat oor die terrein weergalm het. Ouer kinders het na hul klasse beweeg, en die grootoog graad 1’s se 12 jaar van formele skoolopleiding het begin.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button