NewsNews

70 jaar van tiekiedraai vir Vaalrivier Volkspele Laer

Volkspele is eie aan Suid-Afrika en die Vaaldrieheoek se laaste Volkspele Laer word hierdie jaar 70.

VANDERBIJLPARK – Daar is nog net een Volkspele Laer in die Vaaldriehoek oor, maar hulle is nog pure kookwater.

Die laer is op 22 Februarie 1956 gestig onder leierskap van neef Frans Retief. Tydens ‘n onderhoud met van die Volkspelers leer ek twee feite baie vinnig.

leer. Tans is die laer se oudste lid 75. Hulle stem almal saam dat die Volkspelerokke kom in allerlei kleure voor, maar die ontwerp, lengte ens. moet deur die hele SA dieselfde wees.

Volkspelers beskou mekaar as familie en daarom spreek hul mekaar as neef en niggie aan en mens mag nie praat van dans nie. Elke liedjie waarop hul vrolik sing, spring en tiekiedraai word ‘n speletjie genoem.

“Jy weet mos die voorvaders het gesê dans is sonde,” lag die huidige leier, Karien Breytenbach. Onderleier Stephanus Breytenbach sê die laer se eerste saamtrek was by Vaal High School op 6 Desember 1958 gehou, maar vir die afgelope 50 jaar speel hulle by die NG Vaalrivier se saal.

Een van die laer se trotste oomblikke was toe die Vaalrivier lede deel was van ‘n groep Volkspelers wat in 1975 die eerste keer op televisie verskyn het.

Hulle oefen Maandae aande om 19:00 en tree gereeld op by onder andere markte en kerkbasaars. Dan sorg hulle boonop dat hul genoeg kuiertyd inkry, want “Vaalrivier is een laer wat baie lief is vir lekker eet. Ons reël graag gesellighede om  kos,” beduie Karien.

Daar is nie ‘n ouderdomsbeperking op Volkspele nie. Alhoewel Karien sê hulle begin die kinders so van graad een af te leer.

Tans is die laer se oudste lid 75. Hulle stem almal saam dat die belangrikste ding is dat jy jouself moet kan geniet.

Die Vaalrivier Laer  nooi mense om by hulle te aan te sluit. “Of kom kyk net ten minste of jy daarvan sal hou. As hierdie gogga eers gebyt het, los dit nooit weer nie.”

Om hul 70ste bestaansjaar te vier nooi die laer all die oudlede uit om op 23 Februarie saam met hulle te kom kuier. Die groot Vaalrivier saamtrek sal op 3 Oktober gehou word. Vir meer inligting kontak gerus vir Stephanus by 063 597 4981.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button