News

Eligwa rol rooitapyt uit

Graad eens word in styl verwelkom

VANDERBIJLPARK – Die graad eentjies van die Laerskool Eligwa het ‘n koninklike verwelkoming op hulle eerste dag by die grootskool gekry.

Balonne, vriendelike gesigte en iets vir die soettande het die grootoog nuwelinge sommer dadelik laat tuis voel. Hoewel daar hier en daar ‘n traan gerol het, het die nuwe “besoekers” vinnig ontdooi en die dag met albei hande aangegryp.

‘n Verwelkomingskomitee soos hierdie sal enigeen laat tuis voel.
Welkom, jy is spesiaal!
Nog ‘n bietjie skaam, maar dit het vinnig soos mis voor die son verdwyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button