EFF dreig om HS Driehoek tot stilstand te bring
Dring aan dat beheerliggaam se voorsitter geskors word hangende 'n ondersoek.
VANDERBIJLPARK – Die HS Driehoek het sekuriteit by die skool opgeskerp nadat die Ekonomiese Vryheidsvergters (EFF) se jeugvleuel in Emfuleni gedreig het om die skool tot ‘n stilstand te dwing.
Die kwessie is volgens die skool reeds by die onderwysdepartement aangemeld.
Die skrywe volg na die skokdood van Thomas Sithole (17), ‘n leerling aan die HS Driehoek. Sithole se liggaam is Maandagoggend (12 Januarie) in die Vaalrivier gevind nadat hy Vrydagaand vermis geraak het. Sithole was saam met vriende op ‘n boot en het na bewering onder raaiselagtige omstandige vermis geraak.
Die Skipper van die boot is intussen as Francois Struwig, geïdentifiseer. Hy is die voorsitter van die HS Driehoek se beheerliggaam.
Die EFF dring daarop aan dat Struwig en enigeen wat in ‘n magsposisie is, wat by die saak geimpliseer word, geskors moet word. Dit sluit prefekte en klasleiers in. Luidens die verklaring word daar ‘n veldtog beplan om die skool tot ‘n stilstand te dwing indien daar nie aan hulle eise voldoen word nie.
Hulle het ook verder hulle misnoeë uitgespreek dat die skool vandag na bewering ‘n diens gehou het sonder om die publiek in kennis te stel.
HIernaas is verklaring wat deur die EFF uitgereik is:

