Local newsNewsNews

Hart eis geliefde karwag

Paramedici het hul bes probeer om sy lewe te red.

VANDERBIJLPARK – ‘n Hartverskeurende toneel het hom vanmiddag in parkeerterrein van die Laerskool Emfulenipark afgespeel toe een van die karwagte tragies aan ‘n hartaanval oorlede is.

Terwyl die skool se interhuis-byeenkoms op die atletiekbaan plaasgevind het, het noodpersoneel buite die hekke gespook om  PCV ‘Boetie’ Engelbrecht (48) se lewe te probeer red.

Hy is ten aanskoue van sy familie en medewerkers op die toneel dood verklaar. Sy familie het hul dank vir die flink optrede van die noodpersoneel en die skool uitgespreek.

Die oorledene se ma word op die toneel deur haar dogter Charlotte Roets vertroos. Foto: Ettienne van Rensburg

Boetie wat aan Mosaic-sindroom gely het, word as ‘n vriendelike, liefdevolle en behulpsame mens beskryf wie se afsterwe ‘n groot leemte agterlaat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button