NewsNews

Van vegtertjie tot fris, vrolike bulletjie

Markus Olivier steel harte so ver hy gaan, van die klein, siek premie is daar geen teken meer nie. Ongelukkig hang die hospitaal rekening nog oor sy ouers se koppe.

VANDERBIJLPARK – Markus Olivier is verlede jaar op slegs 27 weke gebore. Sy geboorte, sowel as die maande wat daarop gevolg het, was ’n traumatiese ervaring vir hom en vir sy ouers.

Vandag is dit moeilik om te glo dat hy so klein was. Hy is fris, vrolik en bereik al sy mylpale. Die belangrikste van alles is dat sy regterhandjie hom nie moeilikheid gee nie.

Markus toe hy vir sy lewe geweg het in die Neonatale Intensiewe Sorgeenheid. Foto’s verskaf/Denice Olivier

Hy was maar vier dae oud en nog in die neonatale intensiewe eenheid (NICU) toe hy baie siek geword het van ‘n bakteriese infeksie. Boonop is daar ‘n bloedklont in sy regterhandjie gevind wat na sy vingers versprei het.

Dit het natuurlike amputasie van sy vingers veroorsaak. “Ons het gehoop dat hy links sou wees, maar hy is beslis regs. Hy gebruik die handjie, waarvan sommige van die litte weg is, asof dit ‘n normale hand is,” vertel sy ma, Denice

Hulle grootste kopseer is finansies. Die gesin het ‘n goeie mediese fonds, maar hulle moet oor die R570 000 inbetaal wat die fonds nie gedek het nie.

Die hospitaal weier ook om ‘n reëling vir afbetaling te aanvaar en dring aan op die hele bedrag so gou as moontlik.

Markus se blou oë gaan nog baie harte steel.

Klein Markus is ‘n wonderwerk en sy ouers glo dis net genade alleen dat hy vandag ‘n gesonde baba is. Die rekening het hulle ‘n saak van gebed gemaak, maar dit bly stresvol.

Indien enige besigheid of individu kan help met ‘n donasie, kan dit direk in die hospitaal se rekening inbetaal word. Gebruik asseblief die regte verwysingsnommer.

Daar is tans drie rekeninge uitstaande met afsonderlike nommers. Verwysing 1017467991 – uitstaande bedrag R15 911.78 Verwysing 1017 468 653 – uitstaande bedrag R436 049.78 Verwysing 1017 662 2874 – uitstaande bedrag R118 274.75 Bankbesonderhede: Netcare Park Lane Hospital. Bank: FNB Rekeningnommer : 62843729685

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button