Local newsNewsNews

Hartseer by toneel waar skoolkinders sterf

Ouers platgeslaan nadat hulle op sosiale media van ongeluk verneem het

VANDERBIJLPARK – Rou snikke en hartverskeurende gille het op die R553 op pad Sebokeng weergalm toe ouers op die ongelukstoneel aangekom het, waar sowat 12 kinders hulle lewens in  ʼn tragiese motorongeluk verloor het.

Volgens die ouers het hulle op sosiale media van die ongeluk te hore gekom en na die toneel gehaas. Een van die ouers het deur die afsperring gebars en na die wrak gehardloop. Polisie en ander noodpersoneel het haar agterna gesit en haar getroos terwyl hulle haar van die toneel gehelp het.

Nog  ʼn ouer het op die toneel het inmekaar gesak en hartstogtelik gehuil, terwyl verslae omstanders haar probeer troos het.

Die hooggeplaasdes van die onderwys departement was ook op die toneel en het later die media toegespreek.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en weens die sensitiewe aard van die saak, sal al die besonderhede bekendgemaak word sodra dit bevestig is.

Een van die ouers wat deur die versperring gebars het word deur ‘n noodwerker en verkeersbeampte van die toneel begelei. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Polisie en noodpersoneel staan langs die wrak.
Een van die ouers wie se kind in die ongeluk gesterf het huil hartstogtelik op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button