VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F Malherbe het soos baie ander skole in die land hul eerste skoolweek met huissports afgesluit. Hulle het die dag na die tyd as ‘n fees bseksryf waar die kinders vet pret gehad.

Die Geel, Rooi en Witspanne het mekaar behoorlik aangevat, nie net op die baan nie, maar ook op die pawiljoene.
Anderkant die Vaalrivier het Fonteine Primêr se Blou en Rooi spanne mekaar die stryd aangesê. Die opwinding was groot toe die blou span ‘n haai as mascot ingesprpan het en hul dirigente boonop bo-op ‘n boot die atletiekveld ingesyl gekom het.

Lumiér Primêr het op hul beurt hul Kleursportdag (soos wat dit in die Vrystaat genoem word) met Noordskool gedeel.

Al wat hul daarop te sê gehad het was: “Wat ‘n suksesvolle Kleursport dag, nie net is ons verskriklik trots op ons eie atlete nie, maar dit was so lekker om hierdie dag saam met Noordskool North School te kon deel!

