Die span het die hele dag gewerk om die warm teer in die gate te kry. Foto's verskaf/Gertjie Oberholzer
VANDERBIJLPARK – Dit het fyn beplanning gekos en by die drie weke se harde werk, maar die stuk pad wat langs Laerskool Vaalrivier verbyloop is uiteindelik herstel.
Raadslid Gerda Senekal het nie een tree teruggestaan nie en hard gewerk om die pad te herstel
Raadslid Gerda Senekal van die VF+ het in ‘n video gesê hulle het besluit om in te spring en te help met die pad, nadat die skool baie skade berokken aan hul bussies met die gate in die pad.
Die son was warm, maar die manne en vroue het net aangehou werk
Donderdag was die groot dag. VF+ lede, raadslede en potensiële kandidate het gehelp om die gate met teer te vul. Al die gate is die vorige twee weke reguit gesny en is toe Donderdag met warm teer gevul en platgerol.
Volgens Gerda is daar sowat 6 ton teer in die stuk pad ingewerk. Sy het Afriforum en Fanie de Jongh bedank vir hul bydraes om van die projek ‘n sukses te maak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za