NewsNews

D.F se Mnr Willem verjaar – die hele week

Laerskool D.F Malherbe se skoolfhoof, Willem Botha het gister verjaar en sy skool is op 'n missie om hom elke dag die week te bederf.

VANDERBIJLPARK – Mnr. Willem Botha het Maandag sy 57ste verjaarsdag gevier. Die skool het besluit hulle gaan nie net op een dag hom verras nie, maar wel die hele week.

Die jongspan het seker gemaak almal weet huil hoof verjaar.

So het hy hom gister al om elke hoek en draai in iets spesiaals vasgeloop, van die balonne op sy huis se hek, tot die verwelkoming by die skool waar hy sy birthday boy badge ontvang het. Die moet hy nou heel week dra.

Die negende verrassing vir die dag. Een van die graad eentjies sing speel vir Mnr. Willem Happy Birthday op die klitaar.

Daar is koekies aangedra, ‘n gegeurde melk en koekies saam met die personeel geniet en hy het selfs ‘n koek gekry waarvan hy die kersies moes doodblaas.

Die leerlingraad vorm ‘n erewag vir hul skoolfhoof en oorhand sy Birthday Boy rosette wat hy heel week moet dra.

Dag 1 het vir 16 uit 57 verrassings gesorg en ons sien uit daarna om te hoor wat hulle nog in die mou voer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button