Local newsNewsNews

Skokkende-beeldmateriaal van VDBP taxi-tragedie

WAARSKUWING! Hoewel die beeldmateriaal nie grafies is nie kan dit sensitiewe kykers ontstel

VANDERBIJLPARK – Skokkende paneelkamera beeldmateriaal versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media van die gru-ongeluk waarin 12 skoolkinders tragies hulle lewens Maandagoggend op die R553 verloor het. 

Die toneel en wrak van die taxi waarin 12 skoolkinders hulle lewens verloor het. Foto: Ettienne van Rensburg

Die 22-jarige bestuurder van die mini-bus taxi is intussen na sy ontslag uit die hospitaal gearresteer en gaan vandag of more in die Vanderbijlpark Landdroshof op 12 aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur verskyn.  

Dit is nog onduidelik wie die video aanvanklik versprei het. Die beeldmateriaal bevestig ooggetuies se weergawe van gebeure dat die bestuurder verskeie taxis probeer verbysteek het en toe met ‘n tipper-vragmotor kop-aan-kop gebots het. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button