Taxi-ramp slagoffers se name bekend
Die 12 skoliere van die Vaaldriehoek wat hul lewens in 'n gru-ongeluk verloor het, sal vir ewig onthou word.
VANDERBIJLPARK – Die Gauteng Departement van Onderwys het vroeër vandag die name van die 12 leerlinge bekend gemaak wat hulle lewens in ‘n taxi-ramp Maandag 19 Januarie op die R553 naby Vanderbijlpark verloor het.

Hiernaas is die name van die slagoffers: Buhle Radebe – Graad 11, Hoërskool Vanderbijlpark, Bokamoso Mokhobo – Graad 8, Hoërskool Vanderbijlpark
Sibongile Madonsela – Graad 10, Hoërskool Vanderbijlpark, Leano Moiloa – Graad 8, Vaal High School, Lesego Sefatsa – Graad 2, Oakwood Primary School,
Letlotlo Katlego Makwe – Graad 2, Vaal Triangle Primary School, Ofentse Jayden Vinger – Graad 1, Oliver Lodge Primary School, Lindokuhle Mabaso – Graad 5, Noordhoek Primary School, Pheello Motaung – Graad 11, El-Shaddai Christian School, Puleng Maphalla – Graad 11, El-Shaddai Christian School, Naledi Motsapi – Graad 10, El-Shaddai Christian School en Bohlale Lekekela – Graad 1, El-Shaddai Christian School.
