Midvaal maak dadelik werk van skoolvervoer-inspeksie
MEYERTON - Terwyl ander nog daaroor gepraat het en beloftes gemaak het, het die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit Verkeersdepartement dadelik werk daarvan gemaak om skoliervervoer-dienste te ondersoek.
Dinsdag is die eerste inspeksies by die Hoërskool Meyerton gedoen, en Woensdagoggend was dieselfe inspeksie by die Laerskool De Deur gedoen.
Burgemeester Peter Teixeira was saam tydens die inspeksies om toe te sien dat skolierevervoerpermitte geldig is, die voorkoming van oorlaaiing hok te slaan, en om te verseker dat voertuie padwaardig is.
“Ons sal binnekort statistieke oor die uitkomste van hierdie operasies bekendmaak,” het hy gesê.
Die optrede is deur lede van die publiek verwelkom.
Hier is van die reaksies op sosiale media:
Clarence Dlamini: “I like what I see, and it shouldn’t just be for now. It should continue throughout the year and every year, and not only for scholar transport, but also for passenger transport.
The thing is, we’ve seen incidents like this in the past, and the government would react immediately, but only for a short time, then stop with such operations”.
Ndodakazi Nxumalo: “Thank you so much, Mr. Mayor, and the team. Your presence at De Deur Primary had a huge impact.
We really appreciate your efforts, leaving your office and other engagements planned for you this week, and attending to this matter clearly shows that Midvaal is in good hands.”

