Local newsNewsNews
Taxi-ramp: Dodetal styg tot 14
Die buitekant van die Vanderbijlpark landdroshof is 'n miernes van aktiwiteit weens die verskyning van die taxi-bestuurder wat op 14 aanklagte van strafbare manslag verskyn.
VANDERBIJLPARK – Die dodetal van die Taxi-ramp wat Maandagoggend die Vaaldriehoek tot ‘n stilstand geruk het, het tot 14 opgeskuif.
Die 22-jarige bestuurder van die mini-bus taxi waarin die 14 skoolkinders ten tyde van hulle dood vervoer is, verskyn vandag in die Vanderbijlpark Landdroshof op 14 aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur.
Die dodetal is pas deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens bevestig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
