39 jaar oue rekord spat by Valia-interhuis
Die ster van die dag was Chantelique Smith, wat die dogters o15-spiesgooirekord met mening herskryf het.
VANDERBIJLPARK – Hoewel ‘n interhuis gewoonlik as ‘n prettige voorloper tot die atletiekseisoen beskou word, was daar niks “gemiddeld” aan Hoërskool Transvalia se huissport verlede Vrydag nie.
Die dag sal onthou word vir ‘n geskiedkundige oomblik toe een van die skool se oudste rekords ná byna vier dekades in die slag gebly het.
Chantelique Smith se reuse-poging van 42.33m het die vorige rekord van 38.08m – wat reeds sedert 1987 gestaan het – behoorlik laat spat.

Nog nuwe rekords:
Jacobus Kruger seuns o14 100m hekkies – 14.85s (voorheen 15.17s)
Zheete Gordon dogters o17 driesprong – 11.14m (voorheen 11.06m)
Anè Nieuwenhuizen dogters o17 verspring – 5.73m (voorheen 5.50m)
Selna van As dogters o17 3 000m – 10:01.28 (voorheen 10:47.65)
Taylon van Breda dogters o19 verspring – 5.54m (voorheen 5.47m)





