NewsNews

Ek sê maar net… Drie kwaai hondjies

RUBRIEK - Dis baie warm. Die dik-pels honde kry swaar, hulle hou egter nie van die oplossing nie.

RUBRIEK – Her Royal Naughtyness Heidi, Baba Bessie en Kleinsus Antjie gluur nou al twee dae vir my. Al wanneer hulle nie kwaad is nie, is etenstyd.

Die drie pekenese lyk asof hulle aan ‘n ander spesie behoort. Ek het hulle laat skeer. Kort. Baie korter as waaraan hul gewoond is. Van kop tot by ore en sterte. Die tussen-in skeer het die vrou by die salon gesê. Korter as ‘n winterskeer, maar effe langer as die sg. somer-skeer.

Ek moes dit doen, nadat drie veeartse vir my dieselfde raad gegee het. Dit was nadat Bessie oornag die seer op haar nek ontwikkel het en ek vir twee weke moes sukkel om haar pille in te gee en haar nek met Betadine te behandel.

Die veeartse was dit almal eens. Hierdie jaar se hitte en humiditeit is net te hoog, die honde met die dikker pelse sukkel. Die drie het natuurlik gedink dis nie op hulle van toepassing nie.

Hulle is meeste van die tyd in die huis, met koue water. Die huis het twee dakke en teëls.

Volgens hulle was die veeartse se raad net bedoel vir honde wat heeldag buite moet bly. Toe nou nie…

Maar, daar word klaar minder gekrap. Babapoeier word gegooi en ek is seker ek behoort een of ander tyd vergewe te word. Nie vandag nie. Dalk so teen volgende week se kant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button