SASOLBURG – Ballet en Rock ʼn Roll is nie woorde wat mens gewoonlik in dieselfde sin hoor nie.
Op 28 Februarie en 1 Maart kan Vaaldriehoekers nie net die twee genres op een verhoog beleef nie, die ballet word opgevoer op Elvis Presley se musiek.

Sean Bovim’s Private Presley Ballet en Mzansi Ballet vertel Elvis se storie van sy jongdae, sy dae in die weermag, sy huwelik met Priscilla en die geboorte van hul dogter.
Die stuk maak opslae oral waar dit opgevoer word. Sasolburg se Ettienne Rousseau Teater is een van die bevoorregte teaters om die stuk vir alle Elvis en ballet aanhangers te kan bring.

Die kaartjies sal op www.ertickects.com te koop wees en besprekings behoort nog in die week oop te maak. Beide vertonings begin om 15:00.
