Local newsNewsNews

Mini-substasie by DP gesteel

Groot skade is by 'n mini-sustasie van die DP de Villiers-stadion aangerig

SASOLBURG – Skade en diefstal wat amper ‘n miljoen rand beloop is Sondagoggend, 18 Januarie by die DP de Villers-stadion aaangerig.

‘n Volledige mini-substasie, ‘n transformator, kabelverbinders, petrolgrassnyers, petrolmaaiers, ‘n driewiel grasnyer, kragopwekker en ‘n Hancook Ride-on-grasnyer-trekker is glo gesteel.

Die mini-substasie by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg is leeg gestroop en gevandaliseer.
Die mini-substasie by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg is leeg gestroop en gevandaliseer.

Volgens DA-raadslid Jacques Barnard het hy en die stadion bestuurder dit aan die munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld.

Alle kragtoevoerkabels na die stadion is ook geknip en daar is skade aan die palisadeheining en ‘n bakke op die perseel aangerig. Die kragtoevoer is glo intussen na die stadion herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button