Local newsNewsNews

Van die stad na die natuur: Die Kok-gesin se uil-geluk

Die Kok-egpaar het verlede jaar die besige strate van Gauteng verruil vir die rustigheid van die Vrystaat, en vir hulle was dit die beste besluit.

DENEYSVILLE –  Hulle het van Vereeniging na Deneysville verhuis, en vir Angelique en JJ, albei passievolle amateurfotograwe met ’n liefde vir die natuur, kon die nuwe omgewing nie meer volmaak wees nie.

Hulle was behoorlik in hul skik toe hulle ontdek dat ‘n paar gevlekte ooruile (Spotted Eagle Owls) in die tuin woonagtig is. Hierdie besonderse roofvoëls is egter nie nuwe intrekkers nie.

“Ons bure, Dale en Paul, het reeds 12 jaar gelede ’n uilboks in ’n boom op die erfgrens ingerig,” vertel Angelique.

“Die uilpaartjie wat daar nesgeskrop het, het oor die jare reeds 25 kuikens grootgemaak.”

Angelique was onlangs gelukkig genoeg om vier van die nuutste jong uile voor haar lens te kry.

Hier is ‘n paar van die treffende foto’s wat sy van hulle geneem het.

Angelique Kok se foto’s is treffend. Ware kunswerke.
Nog een van die jong uile sit rustig op ‘n tak en bekyk die wêreld. Foto: Angelique Kok
Nog ‘n kunstige foto van een van die jong uile.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button