Local newsNewsNews

Gebroke harte by Thomas se begrafnis

Die 17-jarige Thomas Sithole wat vroeër vandeesmaand sy lewe op die Vaalrivier verloor het, is vandag ter ruste gelê.

SHARPEVILLE – Die gemeenskap van Sharpeville het vandag tot stilstand gekom toe familie, vriende en gebroke klasmaats bymekaargekom het om afskeid van Thomas Sithole (17) te neem.

Die Hoërskool Driehoek-leerling het tragies gesterf ná ’n privaat bootvaart op die Vaalrivier. Wat bedoel was om ’n dag van ontspanning te wees, het  in ‘n tragedie geëindig wat ’n plaaslike familie verpletter het.

Sithole het kort ná die vaart vermis geraak. Sy liggaam is twee dae later die rivier gered.

Die Roda Yende Gemeenskapsaal was stampvol toe rouklaers byeengekom het om hulde aan die matriekleerling te bring.

Tydens die diens het Sithole se oupa sy pyn gedeel. “Ek het dit verloor toe ek die nuus hoor. Thomas was ’n lieflike kind,” het hy gesê.

‘n Familievriend, Anke van der Schyff, het dié sentiment gedeel en Sithole as iets besonders beskryf. “Hy was altyd snaaks, altyd besig om grappies te maak. Hy was ’n perfekte kind,” het sy aan die media gesê.

Leerlinge en geliefdes vetroos mekaar.
Leerlinge en geliefdes vetroos mekaar.

Al het die begrafnis ’n kans gebied om groet, bly daar steeds baie vrae onbeantwoord. Die presiese omstandighede oor hoe Sithole in die water beland het, is steeds onbekend.

“Almal wil net antwoorde hê oor wat gebeur het. Die owerhede hanteer dit en ons laat dit in hul hande. Ons het baie vertroue in hulle,” het Van der Schyff bygevoeg.

Ruikers en blomme op en langs die kis van Thomas Sithole.
Die begragnis blad rus op die skoot van ‘n rouklaer.

Sithole is by die Three Rivers-begraafplaas te ruste gelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button