Hulp nodig om 74-jarige Vaalparker te vind
SASOLBURG – Die polisie in Sasolburg vra die publiek se hulp om die vermiste Eben Johan Fourie (74) van Vaalpark, op te spoor.
Fourie het sy woning op Dinsdag, 20 Januarie 2026, omstreeks 11:30 in sy swart Toyota RunX verlaat om glo by sy seuns in Rustenberug te gaan kuier.
Omstreeks 18:00 dieselfde dag het Fourie se lewensmaat sy seuns gekontak om te verneem of hy veilig gearriveer het, waarna sy uitgevind het dat hy nooit sy bestemming bereik het nie.
Sy familielede het reeds verskeie kere probeer om hom te kontak, maar sonder sukses.
Fourie se suster het verder berig dat hy moontlik in Orkney gesien is.
Ten tyde van sy verdwyning het hy ‘n swart formele broek, ‘n swart-en-blou hemp en swart tekkies gedra.
Inligting
Sasolburg-speurders doen ‘n dringende beroep op enigeen met inligting oor Fourie, om Speurder-sersant Patricia Filda by 083 715 2545 of #CrimeStop by 08600 10111 te kontak.
Alternatiewelik kan ‘n anonieme wenk via die #MySAPSApp gegee word.

