Local newsNewsNews

74-jarige gevind en veilig

Die Fourie-gesin was baie bekommerd, maar daar is nou 'n gelukkige einde.

SASOLBURG – Ons is saam met die Fourie-gesin dankbaar dat hul 74-jarige pa gevind en veilig is.

“Hy het ons gister gebel en ook sy seun gevideo call,” het Theresa Fauré op sosiale media laat weet.

Daar is egter nie meer inligting gedeel oor waarheen hy verdwyn en hoekom hy nie sy familie gekontak het nie.

Vaalweekblad het gister ‘n berig geplaas na die polisie in Sasolburg die publiek se hulp gevra het om die vermiste Eben Johan Fourie (74) van Vaalpark, op te spoor.

Fourie het sy huis op Dinsdag, 20 Januarie 2026, omstreeks 11:30 verlaat om glo by sy seuns in Rustenberug te gaan kuier, maar nooit daar opgedaag nie.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button