VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek se rolbalgemeenskap rou vandag na die afsterwe van Raymond Hocknell (51).
Raymond het as president van Sedibeng rolbal diep spore in die sport en sy medemens se harte getrap.

Hy sal onthou word vir sy leierskap, regverdigheid en gewilligheid om sy tyd op te offer om die sport te bevorder. Sy sportmangees en mentorskap gaan ‘n blywende impak op die sport in die streek hê.
Medelye stroom steeds op sosiale media in en die inskrywings op sy Facebookblad is ‘n getuigskrif van iemand wat mense diep aangeraak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
