Local newsNewsNews

Charles Rudd kan weer oor liefde sing

VANDERBIJLPARK - Plaaslike sanger en liedjieskrywer Charles Rudd borrel weer oor van geluk.

Charles moes op 1 September 2024 sy vrou Gerda, sy beste vriendin en ma van sy kinders, onverwags aan die dood afstaan.

Dit was ‘n harde slag want hulle was 53 jaar getroud en sy was ‘n integrale deel van sy musiekoptredes.

Charles se loopbaan en lewe moes egter vootgaan. Hy het nie sy aanhangers in die steek gelaat nie.

Tussendeur was hy gelukkig om ook weer liefde te vind.

Charles en Tersia is aan die einde van verlede jaar op 26 Desember in die eg verbind.

Vaalweekblad wens die egpaar baie geluk en voorspoed toe.

Charles en Tersia Rudd op hul troudag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button