VANDERBIJLPARK – Hy is sowat ‘n jaar gelede nat Vaalpets Rescue Centre gebring. Boeta. ‘n Boerboel van ongeveer sewe jaar, maar waar sy ras gewoonlik sterk en fris staan was Boeta net vel en been.
Boonop was hy verskriklik siek ook. Baie mense sou opgegee het op hom maar nie die span dierliefhebbers nie. Hulle het hom stadig maar seker weer opgehou, selfvertroue gegee en borskas laat uitstoot.
Na ‘n jaar was hy gereeed vir aanneming. Kort-kort het die span sy verhaal en foto’s op Facebook geplaas, maar vir lank het niemand na vore getree nie.
Maandag is die goeie nuus en foto’s egter gedeel. Boeta is aangeneem en hy is op pad huis toe. Mag hy en sy nuwe familie baie gelukkige jare saam beleef.
