Local newsNewsNews
964 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem
OperasieShanela2 het vrugte afgewerp in Sedibeng.
SEDIBENG – Die Gautengse Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, het nog ’n suksesvolle OperasieShanela2 in die Vanderbijlpark-polisiëringsgebied gelei, waar 59 onwettige immigrante aangekeer is.
Twee vuurwapens is teruggevind en twee verdagtes is gearresteer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, terwyl drie persone in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms.
Drie drankpersele is gesluit weens die nie-nakoming van regulasies.
Die provinsiale speurders het ook 964 gesoekte verdagtes in hegtenis geneem, van wie 253 gesoek is vir misdade teen vroue en kinders.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
