Local newsNewsNews

Ma en kleuter sterf tydens donderstorm

SASOLBURG – Terwyl daar gistermiddag nie ’n druppel reën in Vanderbijlpark geval het nie, het ’n noodlottige storm net buite Sasolburg gewoed wat die lewe van ’n ma en haar vyfjarige dogtertjie geëis het.

Die voorval het in ’n informele nedersetting plaasgevind waar die moeder en kind deur ’n weerligstraal getref is.

Vaal Emergency Care Private Ambulance Services het die Vrystaatse Mediese Nooddienste (EMS) op die toneel bygestaan.

Daar is naarstiglik gepoog om die kleuter, wat ten tyde van die inslag deur haar moeder gedra is, te stabiliseer.

Ten spyte van alle pogings deur nooddienspersoneel, was die beserings te ernstig en het beide die ma en haar kind op die toneel beswyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button