VANDERBIJLPARK – Die dames van die VLU Alpha Tak het hul eerste byeenkoms vir die jaar geniet. Ds. Norma Rossouw het die tema, welwillendheid bespreek. Na die bespreking is almal op eetgoed en tee getrakteer.
Slegs vier dae later het Alpha Tak al die voorsitters en sekretaresses in Area 1 ontvang. Ook die dag het goed verloop en die gaste is met alles van koffie tot by pynappelnagereg bederf.
Intussen het die dames ook begin arbei aan hul kompetisie inskrywings vir die jaar se konferensie.
Vir meer inligting of om by die groep aan te sluit, kontak Rina de Klerk by 083 307 3066.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
