Gina Vorster, ‘n Mrs Supranational 2026 finalis, skrywer en publiseerder, het Sondag die Johnson Crane Hire Marathon gehardloop vir die MS Warriors.
Haar paaie het met die Vaaldriehoek se MS Warriors gekruis toe sy drie jaar gelede een van hulle, Gerrie Hadders se biografie, Jusp Keep S’myelin geskryf het. Gerrie leef al langer as ‘n dekade met MS en hy en Rozaan Steyn van Sasolburg het die hoekstene van MS Hoop en die MS Warriors geword.
Gina het kort voor die groot dag, haar spesiale MS Supporter T-hemp kom haal.
Sy het na die tyd laat weet die marathon het goed gegaan en dat sy trots is om deel van MS-bewusmaking te kan wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
