Polisie vermoed geen gemene spel in Thomas se dood
Geregtelike doodsondersoek dood duur steeds voort.
VANDERBIJLPARK – Die nadoodse ondersoek van Thomas Sithole (17) wat verlede maand op die Vaalrivier verdrink het, is afgehandel.
Sithole, ‘n leerling aan die Hoërskool Driehoek, het op 9 Januarie vermis geraak nadat hy saam met vriende op die rivier gevaar het en ‘n bekende kuierplek langs die Vaalrivier besoek het.
Sy liggaam is op 12 Januarie uit die rivier gered.
Die geregtelike doodsondersoek duur voort maar volgens Sersant Josephine Rani word daar geen gemene spel vermoed nie. Daar is ook geen nuwe verwikkelinge in die saak nie.
Volgens haar sal die verslag na die voltooiing van die geregtelike doodsondersoek aan die Direkteur van Openbare Vervolging ingedien word.
