
BEDWORTHPARK – ‘n Gewapende transito-rooftog het gistermiddag omstreeks 12:45 die parkeerarea van die Bedworth Centre tot ‘n stilstand geruk.
Gewapende rowers het volgens ooggetuies die geldwagte ingewag en oorrompel. Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld gevlug. Hoewel die polisie vinnig op die toneel was, is daar geen verklaring aan die media uitgereik nie. Die saak word wel ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
