Local newsNewsNews

HS Overvaal se Groentjies nou volwaardige Valies

Terwyl baie skole heeltemal weggedoen het met tradisionele ontgroening, kies ander ’n varser, meer positiewe benadering.

VEREENIGING – By Hoërskool Overvaal bestaan die woord “ontgroening” nie meer nie; hier word gepraat van ’n verwelkomingsproses. Dié twee week lange program dien as ’n inburgeringskursus vir die nuwe Graad 8-groep.

Die proses bereik vandag (2 Februarie) sy emosionele kruin tydens die formele baadjieseremonie. Dit is die oomblik wanneer die “Groentjies” amptelik hul plek as volwaardige Valies inneem.

Dit is ontwerp om leerders vinnig touwys te maak in die skool se kultuur, sodat elke kind van dag een af besef hulle is veel meer as net ’n nommer.

Volgens Handrie, die skool se bemarker, draai die proses om pret en inklusiwiteit: “Ons Groentjies word betrek met tema-dae, vrolike oomblikke en hope gees. Selfs die stilste kind glimlag saam – en al bloos hulle soms vir die aandag, geskied alles altyd in ’n goeie gees.”

Die kernfilosofie is eenvoudig:
Inklusiwiteit: Almal moet tuis voel.
Spanwerk: Maats leer om saam te werk.
Trots: Bou aan ’n gedeelde identiteit as “Valies”.

“Dit is nooit daarop gemik om iemand af te breek nie,” verduidelik Handrie. “Inteendeel, dit bou hulle op en verwelkom hulle in ’n kultuur waar ons mekaar raaksien, ondersteun en aanmoedig.”

Van die prettige temas in beeld tydens die verwelkomingsproses. Foto’s: HS Overvaal.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button