Oulik, vrek oulik … Frenchies
Hulle het plat gesigte en met hul groot oë roer hulle ons hartsnare, maar het jy al ooit gewonder hoekom is French Bulldogs (Frenchies) so duur?
Boonop het hulle nie hope oefening nodig nie en is tevrede om net langs jou op die bank te lê.
Hulle “praat” ook dikwels met snaakse gille en gorrelgeluide in plaas daarvan om te blaf.

Hier is so paar redes hoekom hulle onder van die duurste honderas is:
Kunsmatige Bevrugting
As gevolg van hul bouvorm (smal heupe), kan die meeste Frenchies nie natuurlik paar nie. Telers moet betaal vir duur mediese prosedures.
Keisersnee
Die kleintjies se koppe is gewoonlik te groot vir die ma se geboortekanaal. Byna 80% tot 90% van alle Frenchie-werpsels word via ’n duur keisersnee gebore.
Intensiewe sorg
Frenchie-ma’s is nie altyd die mees natuurlike versorgers nie, en die kleintjies is broos. Telers moet dikwels vir weke lank elke 2 uur self voer.
Gesondheidstoetse
Verantwoordelike telers spandeer duisende rande aan DNS-toetse om seker te maak die hondjies het nie oorerflike asemhalings- of rugprobleme nie.
