Local newsNewsNews

SAPD vernietig drank-beslagleggings in Sedibeng

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Sedibeng-distrik, onder leiding van die waarnemende distrikskommissaris, Brigadier Mbhangwa Nkhwashu, het 'n distriksoperasie rakende drank uitgevoer.

Teenwoordig by die geleentheid was die Distriks-GPF (Gemeenskapspolisiering-forum), stasiekommissarisse, die Departement van Gemeenskapsveiligheid en Midvaal-verordeninge.

Tydens sy toespraak het die waarnemende distrikskommissaris, Brigadier Nkhwashu, beklemtoon dat die doel van die byeenkoms was om drank te vernietig waarop daar regoor die Sedibeng-distrik beslag gelê was.

Hy het verder uitgewys dat drankmisbruik steeds een van die grootste bydraers tot misdaad is, veral huishoudelike geweld, en het sy kommer uitgespreek oor die impak daarvan op die jeug.

Hy het ook ’n beroep op stasiekommissarisse gedoen om behoorlike beheermaatreëls by stasies in plek te hê om te verseker dat alle drank waarop beslag gelê is, veilig bewaar word in SAPD 13-stoorfasiliteite, totdat dit vernietig kan word.

Daar is beslag gelê op groot hoeveelhede drank in Sedibeng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button