Local newsNewsNews

Vanderbijlpark-tak skitter by kongres: Só lyk passie in aksie

VANDERBIJLPARK - AfriForum Jeug Vanderbijlpark is amptelik "op die bol" nadat hulle onlangs met ’n gesogte nasionale toekenning vir hul onbaatsugtige diens bekroon is.

Die plaaslike tak het die afgelope naweek die jaarlikse AfriForum-kongres net buite Pretoria bygewoon.

Dié beraad, wat van Donderdag tot Sondag gestrek het, was gevul met inspirerende toesprake en strategiese sessies oor hoe takke meer effektief in hul gemeenskappe kan terugploeg.

Erkenning vir uitsonderlike diens

Die hoogtepunt van die naweek was egter die erkenning van 2025 se harde werkers.

Die Vanderbijlpark-jeugtak is aangewys as die tak wat die meeste aksies gedurende 2025 geloods het — ’n merkwaardige prestasie gegewe die strawwe kompetisie landwyd.

“Ons het dit glad nie verwag nie,” het ’n beskeie, maar hoorbaar opgewonde Sonica Dry Maandag aan Vaalweekblad gesê.

Sy en haar man, Lucas, staan aan die stuur van hierdie dinamiese jeugspan. Sy meen dat hoewel die toekenning ’n eer is, die ware beloning lê in die impak wat hulle op die dorp maak.

Hoogtepunte van die jaar

“Die besoeke aan plaaslike ouetehuise op Moeders- en Vadersdag was so lekker. Dit was kosbaar om die bejaardes met sjokolade, drukkies en bloot net kwaliteit tyd te bederf,”sê Sonica.

Dan was daar die jaarlikse AfriForum Gholfdag wat altyd vir groot pret sorg, en selfs die fisiese handewerk om slaggate te vul is iets om op trots te wees.

“Baie dankie aan elke jeuglid wat hande gevat en ’n verskil gemaak het. Ons is ongelooflik trots op julle! In 2026 beplan ons om selfs groter te groei en nog meer te bereik,” sê Sonica.

Wil jy betrokke raak?

Indien jy tussen 16 en 30 jaar oud is en passievol is oor jou dorp, skool en gemeenskap, nooi die span jou uit om by hulle aan te sluit. Kontak Sonica by 061 357 8549.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button