Local newsNewsNews

4 maande ná herstelwerk is ELM se Trustbankgebou weer onveilig

Voor die nuutste situasie was die gebou in Augustus 2024 ontruim en herstelwerk het gevolg. ’n Jaar later, in Augustus 2025, was dit ook as veilig verklaar.

VANDERBIJLPARK – Slegs vier maande ná die afhandeling van omvattende herstelwerk aan die omstrede Trustbank-gebou in Presidentstraat, Vanderbijlpark, het plafonne verlede week ingeval.

Die Trustbank-gebou, waar die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se departemente van menslike hulpbronne en ekonomiese beplanning gehuisves is, is reeds in 2024 herhaaldelik deur die departement van arbeid as onveilig verklaar.

Munisipale werkers wat daar werk, word, moet nou weer ’n veilige werkplek vind.

“Die gebou het geen natuurlike ventilasie nie, die lugversorgingstelsel was buite werking en talle van die 74 werknemers het voortdurend siek geword weens die swak werksomstandighede,” lui raadslid Piet Smit van die VF Plus in Emfuleni se mediaverklaring.

“Nou, met plafonne wat inmekaar stort en teëls wat van die mure afkom, is dit duidelik dat die gehalte van die die kontrakteurs se werk ernstig tekortskiet.

Aanspreeklikheid

“Die VF Plus het die munisipale bestuurder, April Ntuli, versoek om die kontrakteurs dringend terug te stuur om die skade te herstel en het sterk standpunt ingeneem dat die munisipaliteit ’n plig het om ’n oorsigrol te vervul en te verseker dat projekte suksesvol en volhoubaar afgehandel word,” sê Smit.

Hy voel sterk daaroor dat kontrakteurs vir ’n tydperk ná voltooiing van projekte aanspreeklik gehou word vir werk wat nie na behore gedoen is nie.

“Die VF Plus sal die gebou weer besoek om herstelwerk te monitor. Brouwerk en swak vakmanskap kan eenvoudig nie geduld word nie veral nie waar mense se veiligheid op die spel is nie,” sluit Smit af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button