Local newsNewsNews

Gratis Valentynsdag-pret van Vanderbijlpark tot in Midvaal

Eienaars van klassieke en interessante motors word genooi om op Saterdag, 14 Februarie, aan ’n prettige "Breakfast Run" deel te neem.

Hierdie uitstappie bied die ideale geleentheid vir motorliefhebbers om hul voertuie ten toon te stel en saam met mede-entoesiaste te kuier.

Die groep vertrek om 08:00 vanaf President Hyper in Vanderbijlpark. Deelname is gratis.

Die roete van 27 km kronkel verby Vereeniging en eindig by Biekie Bos in Meyerton, waar die motors van nader kan besigtig word en ’n vlooimark vir verdere vermaak sal sorg.

Alle eienaars van klassieke/interessante motors word genooi om te deel in die dag se pret.

Vir meer inligingting kontak Jason by 072 911 6333.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button