Local newsNewsNews

Kuberdiewe teiken munisipaliteit

Werksgeleenthede word valslik aangebied deur misdadigers

SASOLBURG – Kuber-kriminele slaan daagliks toe en niemand is meer veilig nie, nie eers Raadslid Lucas Fisher, speaker van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, nie.

Die munispaliteit het vandeesweek ʼn waarskuwingsbrief uitgestuur waarin inwoners en alle belaghebbendes gewaarsku word dat die selfoonnommer en sosiale media-rekeninge, insluitend WhatsApp en Facebook van Fisher deur kuberdiewe gekaap is.

“”Hierdie misdadigers boots die Speaker valslik na en gebruik die rekeninge om lede van die publiek te kontak met versoeke vir geld en beweer verkeerdelik dat betalings benodig word om werk of werksgeleenthede in die munisipaliteit te verkry.

Die munisipaliteit het dit onomwonde gestel dat die Speaker nooit geld sal vra vir werk of dienste nie end at die munisipaliteit nie werksgeleenthede te koop aan bied nie.

“Enige boodskap, oproep of kommunikasie wat geld in ruil vir werk vra, is ’n bedrogspul en ʼn misdaad. Lede van die publiek word gewaarsku om nie op sulke boodskappe te reageer nie, nie geld of persoonlike inligting te stuur nie.

“Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit bly daartoe verbind om die gemeenskap te beskerm, deursigtigheid en integriteit te handhaaf en te verseker dat inwoners nie deur kriminele elemente uitgebuit word nie,” lui die verklaring.

Die Munisipaliteit doen voorts ’n beroep op diegene wat sulke boodskappe ontvang om dit onmiddellik by die polisie aan te meld.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button