Local newsNewsNews

Wie weet waar is Jaeson (42)?

Die onsekerheid oor of hy nog lewe, is ’n swaar las wat die familie daagliks dra.

MEYERTON – Hoewel hy reeds die afgelope drie jaar vermis word, glo die familie van Jaeson Pienaar dat hy hom moontlik steeds iewers in die Vaaldriehoek bevind.

Hulle doen nou ’n dringende beroep op die gemeenskap om te help om hom op te spoor en huis toe te bring.

Die nou 42-jarige Jaeson is die laaste keer in die Meyerton-omgewing gesien, waar hy in Meyerton Farms gewoon het.

Vir sy geliefdes is hy nie bloot nog ’n naam op die lys van vermiste persone nie; hy is ’n pa, ’n seun en ’n broer wat onsettend gemis word.

Sy verdwyning het ’n groot leemte gelaat, en sy kinders en ouers smag na enige antwoorde wat vir hulle vrede en afsluiting kan bring.

Volgens sy familie is dit totaal vreemd dat Jaeson so lank niks van hom laat hoor nie. Hy was nog altyd baie geheg aan sy ouers en sou selfs in sy moeilikste tye ’n plan maak om sy pa te skakel.

Jaeson is amptelik as vermis aangemeld by die Meyerton-polisiestasie. Die familie en owerhede vra die publiek om op die uitkyk te wees.

Het u hom gesien? As u weet waar hy hom bevind of hom onlangs gewaar het, kontak asseblief die owerhede onmiddellik.

Enige inligting, selfs die kleinste brokkie inligting oor wat met hom kon gebeur het, kan deurslaggewend wees. Meld asseblief enige inligting aan by die Meyerton Polisie of u naaste polisiestasie.

In die Vaal gesien

Verskeie mense het op Vaalweekblad se Facebook laat weet dat hulle al in die Vaal gewaar het. Party sê hulle het hom agter die ABSA-gebou in Vanderbijlpark gesien, terwyl ander meen hy is steeds in Meyerton.

Daar was selfs ‘n dame wat gesê het sy sien hom soms laat middae loop langs die Potch-pad in die rigting na die vierrigting stop. Uit al die terugvoer wil dit voorkom of hy wel iewers in die Vaal is. Wees asb. op die uitkyk.

Jaeson Pienaar van Meyerton wat reeds die afgelope drie jaar soek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button