Local newsNewsNews

Rubriek: Verkiesingtyd is pirahna-tyd

Om te stem of nie te stem dit is die vraag.

Dit is amper tyd vir die plaaslike munisipale verkiesing en politici sirkel die kiesers soos ‘n skool piranhas wat bloed geruik het.
Babas word gesoen, daar word in slaggate “geswem” en daar is selfs diegene wat soos ouderlinge huisbesoek aflê.

Een van die gebooie van bemarking is sigbaarheid, en as dit vir Coca-Cola en ander maatskappye werk, hoekom nie vir politieke partye nie?

Slaggate regmaak en gras sny, asook opknapping van parkies en begraafplase, is nie ‘n nuwigheid nie.

Toe ek die anderdag sien dat die EFF met hul rooi oorpakke gras sny het dit die sakeman in my wakker gemaak. Hier sit ek en werk my alie af terwyl ek ‘n grassnyer-tender kan losslaan.

Kaderontplooiing en swart bemagtiging is egter my twee grootste struikelblokke.

Weens die feit dat ek met ‘n silwer teelepel in die mond gebore is, moes ek maar die besigheidsdroom laat vaar en myself by my lees bepaal.

Wat die opkomende verkiesing later vanjaar betref, is my raad eenvoudig: hou die partye se track record oor ‘n gegewe tydperk dop.

Moenie emosioneel stem nie. Stem met jou brein, nie met jou hart nie.

Politici kan weens die aard van die bedryf nie altyd hulle ware agendas bekendmaak nie, maar een ding is verseker dat die in mag eerder oor die asse van die land sal regeer eerder as om hul foute te erken.

Hulle sal enigiets belowe en enigiets doen! Wees versigtig, staan sterk en maak jou kruisie agter die regte party se naam. Gaan stem moenie dat die roofvisse jou afskrik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button