VEREENIGING – Fundamental High School in Vereeniging het sy teenwoordigheid laat geld by die Suid-Afrikaanse FTC Robotikakampioenskap wat op 20–21 Februarie 2026 in Kaapstad plaasgevind het. Die skool se span, TekSense, het ’n puik 10de plek algeheel behaal en 11de in gameplay teen van die land se sterkste spanne geëindig .
Die hoogtepunt was die toekenning van die Connect-toekenning, een van die kampioenskap se top beoordelaarstoekennings. Dit erken die span se uitsonderlike werk om vennootskappe te bou, met industriekenners saam te werk en STEM-onderwys (science, technology, engineering and mathematics) in die gemeenskap te bevorder.
Die span is nou amptelik genooi om Suid-Afrika by die Afrika Uitnodinging-byeenkoms in Julie 2026 te verteenwoordig.
TekSense brei nou uit en nooi graad 8 to 10 leerders uit om aan te sluit, veral dié met belangstelling in robotika, kodering, ontwerp, bemarking of gemeenskapsbetrokkenheid.
Die span is ook op soek na plaaslike besighede en borge om hul uitbreidende gemeenskapsprojekte en kompetisievoorbereiding te ondersteun.
